Funksionele groep

'n Funksionele groep is 'n reaktiewe groep atome in 'n organiese molekuul.

Elke funksionele groep het sy eie kenmerkende chemiese reaktiwiteit, en dieselfde funksionele groep sal dieselfde of soortgelyke chemiese reaksies ondergaan ongeag die res van die molekule se samestelling, hoewel dit effens beïnvloed kan word deur die posisie van hierdie groep in die molekuul of die teenwoordigheid van ander naburige funksionele groepe.[1][2]

Dit maak sistematiese voorspelling van chemiese reaksies en gedrag van chemiese verbindings en die ontwerp van chemiese sintese moontlik. Ontbinding en vorming van komplekse en verbindings word veroorsaak deur spesifieke interaksies tussen funksionele groepe. Byvoorbeeld, in oplosbaarheid is die reël "soort word opgelos in soort", dus sal suiker in water oplos omdat hulle albei hidroksielgroepe (-OH) het wat sterk interaksie met mekaar kan hê.

Funksionele groepe is die basis vir die organiese nomenklatuur. Deur die name van funksionele groepe te kombineer met die name van die oueralkane, word 'n sistematiese nomenklatuur vir die benaming van organiese verbindings geskep.

Alifatiese koolwaterstowwe wat net enkelbindings het word byvoorbeeld alkane genoem. Indien daar 'n C=C dubbelbinding teenwoordig is word hierdie funksionele groep in die naam uitgedruk deur dit 'n alkeen te noem. Die teenwoordigheid van hierdie groep verander die chemiese eienskappe en ander reaksies word daardeur vermag.

Funksionele groepe kan ook 'n lading hê soos bv. in karboksilaatsoute (–COO), wat die molekule in 'n poliatomiese of 'n komplekse ioon verander. Funksionele groepe wat aan 'n sentrale atoom in 'n koördinasiekompleks bind, word ligande genoem.

Funksionele groepe kan dikwels ook in instrumentele tegnieke onderskei word, soos in infrarooispektroskopie[3] en massaspektrometrie.[4]

Voorbeelde van funksionele groepe is:

Groep Naam Groep Naam
 -C≡C- alkyn feniel
 -C≡N nitriel piridiel
 -C=C- alkeen aso
 -C=O aldehied, ketoon sulfiniel
 -C-OH alkanol boorinaatester
 -COOH karboksielsuur sulfino
  -CNH-OC-C amied tiosianaat
  -C-NH2 amien sulfhidriel (tiool)
 -C-NO2 nitro karbamaat
  -CO-OC- ester boorinaat (boorester)
  -C-O-C- eter sianaat
  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hanson
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named March
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Oregon
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Libre

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search